Koepel nuus van belang hierdie week

giraffes-in-transit.jpg Kameelperde ‘is veilig onder 31 brûe deur’

’n “Onvoorsiene, buitengewoon” lae brug “sonder enige waarskuwing dat dit onveilig” is, was glo die rede dat ’n kameelperdbul in ’n frats­ongeluk op die N1-hoofweg in Gauteng dood is.

Dít is Dirk Boshoff, bemarkingsbeampte van Ditjabe-natuurlewedienste, se verduideliking van dié tragiese ongeluk.

Dié wildvervoeronderneming het twee kameelperde, ’n bul en ’n koei, Donderdag van die Meyersdal Eko-landgoed in Alberton na Pretoria vervoer.

Boshoff het agter die vragmotor met die oop sleepwa met die kameelperde op gery.

“Ons het teen ’n spoed van 48 km/h gery en veilig onder 31 brûe deurgekom. Daar was geen waarskuwing dat die Garstfontein-brug onveilig is nie.”

Op foto’s kort voor die frats­ongeluk kan gesien word dat die vragmotor in die vinnige baan gery het. 

Die vervoer van die kameelperde was ingevolge aanvaarde bedryfstandaarde.

“’n Oop sleepwa met twee afsonderlike afdelings is vir die diere gebruik. Die kameelperde se oë was toegemaak, hul ore toegeprop en hulle was met harnasse vasgemaak.”

Dr. Chris Kingsley, ’n voël-en-wildspesialis van Kameelfontein, buite Pretoria, wat na die oorlewende kameelperdkoei omsien, het gesê dit gaan goed met haar.b2ap3_thumbnail_lucky-the-giraffe.jpg

 “Sy is in goeie kondisie, heel rustig en eet en drink.  “Kameelperde vorm nie sterk bande tussen ’n bul en koei nie. Sy sal nie oor haar maat treur nie.”

 Hy het bevestig die bul het gevrek weens ’n traumatiese kopbesering en breinskade. Hy het geen uitwendige beserings gehad nie.  Hy meen die bul het dalk net voor die impak gespring.

 

Kry ANC se skool geld van China?

Rapport 2014-08-02

Debbie-ANC.jpgDie ANC gaan moontlik geldelike hulp van die Chinese Kommunistiese Party (CKP) kry om ’n politieke skool van honderde miljoene rande op ’n plaas in Noordwes op te rig.

Die plaas is in die Vredefort-koepel geleë, ’n wêrelderfenis-gebied. Spesiale toestemming kan dus nodig wees om daar te bou. Die plaas is gesoneer vir landbou en moet hersoneer word voordat dit vir ander doeleindes gebruik mag word.  Die ANC bedryf intussen ’n pekanneut- en groenteboerdery op die plaas.

Rapport verneem senior ANC-lede het verlede Dinsdag ’n geheime vergadering met ’n Chinese afvaardiging op die plaas aan die oewer van die Vaalrivier tussen Parys en Potchefstroom gehou. Finansiering vir die projek, wat glo tot R800 miljoen kan beloop, is op dié vergadering bespreek.

“Die ontwikkeling sal afhang van wat ons vriende bereid is om in te sit.” Die ANC is nie net met die CKP in gesprek oor finansiering nie, maar met “talle ander mense”, het hy gesê. “Ons ruil idees uit. Ons het gesprekke met vriende regoor die wêreld, ook Kuba. Ons kyk na China se model, maar daar is ander modelle.”

 Rapport verneem die Chinese het reeds ingestem om by te dra

 

 

 

 

 

 

 

 
 
 

 

 

Bonus William Hill
Bonus Ladbrokes

Contact Details

Should you need any help in planning your visit to the Vredefort Dome,

contact Vredefort Dome Tourism

Mobile   +27 (0) 72 710 2129
Email:   This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Facebook: Discover Vredefort Domecontact us icon
Twitter : #discovervredefortdome
You Tube : Discover Vredefort Dome

ATTRACTIONS

Icon ENERGENCY
Numbers
Icon HOSPITAL
Tel: 056 816 2100
Icon POLICE
Tel: 10111
Icon AMBULANCE
Tel: 056 811 5834
Premium Templates